Grafiese, Kommunikasie En Bemarking Beampte


No more jobs available matching your search. Create a Job AlertJob SummaryGRAFIESE, KOMMUNIKASIE EN BEMARKING BEAMPTEGEMEENTEPROFIEL:Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak. Effektiewe kommunikasie en bemarking is vir ons n belangrike deel van ons bediening. Ons pos vir Grafiese- en Bemarking beampte raak vakant en ons is opsoek na n dinamiese persoon om ons hiermee te help.PROFIEL:- Belydende Christen en iemand wat bekend is met die kerklike omgewing.- Goeie menseverhoudings, aanpasbaarheid, toeganklikheid is vir ons baie belangrik.- Geskikte kwalifikasie in visuele Kommunikasie- Bepaalde ondervinding in kommunikasie asook kennis in die ontwikkeling van kommunikasie strategie.- Ondervinding in video redigering is noodsaaklik.- Kennis van bemarking op elektroniese media asook sosiale media bestuur. - Moet beskik oor organisatoriese- & kordinerings vaardighede- Gasvry en vriendelike ingesteldheid.- Kreatiewe denker.- Die persoon moet goed in spanverband kan funksioneer en nou saamwerk met die Gemeenteleier.- Bewese kennis of ondervinding met kamera werk of lewendige uitsendings sal tot voordeel wees.- Ondervinding in die bestuur en ontwerp van webwerwe.POSBESKRYWING:- Vorm deel van die Uitvoerende span van die gemeente- Kordineer en pas kwaliteit beheer toe op alle kommunikasie wat van die kerk na die gemeente en gemeenskap toe vloei, ingesluit gedrukte en elektroniese nuus briewe, aankondigings, telefoon kontakte en webwerwe.- Tree toonaangewend op oor die nuutste kommunikasie en elektroniese middele wat gebruik behoort te word.- Skakel pro-aktief met elke bediening; ontleed die bediening se kommunikasie en bemarking behoeftes en stel aksieplanne op.- Bestuur van die span wat verantwoordelik is vir Sondae se uitsendings van die erediens.- Kordineer en pas kwaliteit beheer toe op lewendige uitsendings. - Ontwikkel en bestuur kommunikasie plan vir spesiale geleenthede (bv Paasfees, Pinkster, ens) saam met die Bestuurspan. - Opstel en bestuur van die kommunikasie bediening begroting.- Hanteer weekliks alle opdatering van bemarking, nuus en inligting op sosiale media wat insluit: Facebook, Instagram, Whatsapp, Webwerf en die Kerk-in-Suid toepassing (Toep/App)- Opstel en ontwerp van alle skyfies wat in die gemeente gewys word op Sondae.- Opdatering en vernuwing van die gemeente se Toep en Webtuiste op gereelde basis.- Weeklikse eposse moet ontwerp en uitgestuur word binne n program (bv. mailchimp) soos deur die Uitvoerende span versoek.VERGOEDINGSPAKKET:- Salaris onderhandelbaar- Diskresionre jaarlikse bonus- Lidmaatskap tot voorsorgfonds opsioneel- Begrafnis voordeel dekking opsioneelAANSOEKE:Aansoek moet die volgende insluit:- Kort CV en dekbrief ter motivering waarom jy geskik is vir hierdie pos.- Drie referente met kontaknommers.- Voorbeeld van jou werk wat jy al gedoen het. - Stuur u aansoek na: ****** - Aansoekers moet beskikbaar wees vir onderhoud.Sluitingsdatum: 28 April Diensaanvaarding: 1 Junie NAVRAE: Leon Smith by ****** Die Gemeenteraad behou hom die reg voor om nie n aanstelling te maak nie.Deur die indiening van hul CVs, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hul CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur Kerk-in-Suid vir die keuringsproses gebruik kan word.Error!Success!You have successfully created your alert.You will receive an email when a new job matching your criteria is posted.Manage AlertsYour account has not been verified. Please use the verification link sent via email.Resend Verification Link
Company
Ngwps
Posted
05/05/2022
Location
Pretoria, GT, ZA